Post by Philip Liebenberg
Marriage Officer Gespreksfasiliteerder Spreker by Renaissance Skrywer
https://lnkd.in/dXx_t2bx “Wat verklap demi-gode oor die mens?” Waarom vertel mense regoor die wêreld verhale van demi-gode? Buitengewone mense word dikwels as kinders van die hemel uitgebeeld. In hierdie praatjie reis ons van die farao’s van Egipte en Gilgamesj van Mesopotamië, deur die wêreld van Herakles, Perseus en Dionusos, tot by Krishna, Boeddha, Laozi en Jesus. Langs die pad ontdek ons dat kulture wat deur groot afstande en eeue van mekaar geskei is, telkens dieselfde patroon in hul vertellings volg: die ontmoeting tussen die menslike en die goddelike. Maar wat verklap hierdie verhale werklik? Gaan dit oor gode en wonderwerke, of vertel hulle iets diepers oor die mens se soeke na betekenis, orde, wysheid, redding en ‘n plek tussen aarde en hemel? Hierdie gesprek ondersoek die merkwaardige ooreenkomste én verskille tussen Oosterse en Westerse tradisies, en vra uiteindelik die vraag: Wat verklap demi-gode oor die mens? #PhilipLiebenberg #RenaissanceGemeenskap #DemiGode #Mitologie #VergelykendeGodsdiens #Jesus #Krishna #Boeddha #Gilgamesj #Herakles #Dionusos #AntiekeWêreld #Geskiedenis #Filosofie #Spiritualiteit #Mites #Godsdienste #MenslikeVerhaal #Kultuurgeskiedenis #Tweerigting Groete Philip ✋🏻