Post by George C April

West Coast Sports Solutions NPO - Registration Number: (Reg. 281-169 NPO)

ATLEET DROOM GROOT Madi Pieterse DARLING – In ’n deurmekaar wêreld van koronavirus, isolasie en maskers is daar ’n petite 17-jarige van dié dorp wat dit steeds waag om te droom, en doelgerig werk om haar droom te verwesenlik. Wanneer Abigail Fortuin die eerste maal onder oë kom, lyk sy maar soos ’n kind, miskien so tien of elf jaar oud. Maar die ware Jakob is ’n 17-jarige meisie wat in ’n kort tyd reeds uitstekende atletiekprestasies behaal het en met dryfkrag vorentoe beur om altyd daarop te verbeter. ### Die dogter het egter finansiêele ondersteuning nodig om haar droom te verwesenlik. Volle storie: https://lnkd.in/dRKxmwN ***Madi Pieterse is ‘n vryskut verslaggewer van Velddrif, en sy skrywe positiewe stories in Afrikaans of Engles oor mense uit die weskus disstrik. #motivation

Post content