Coordinator: Interpreting

Stellenbosch University

Stellenbosch

Description

Department Description/Departement Beskrywing Division for Learning and Teaching Enhancement

Coordinator: Interpreting (Post Level 8)

(Stellenbosch Campus)

Ref. SLT/195/0726

The Language Centre at Stellenbosch University (SU) is one of four centres within the Division for Learning and Teaching Enhancement. The Centre's mandate is to promote multilingualism and to provide language-related support and services to Stellenbosch University staff and students, as well as to external clients. This coordinator position resorts under Language Services at the Centre. Language Services offer interpreting, translation, editing, podcasting and transcription services internally to the SU community, as well as externally to members of the public and organisations.

Afdeling Leer- en Onderrigverryking

Koördineerder: Tolking (Posvlak 8)

(Stellenbosch-kampus)

Verw. SLT/195/0726

Die Universiteit StellenboschTaalsentrum is een van vier sentrums binne die Afdeling Leer en Onderrigverryking. Die Sentrum se mandaat is om meertaligheid te bevorder en taalverwante steun en dienste aan personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch (US) te verskaf sowel as aan eksterne kliënte. Hierdie koördineerderspos ressorteer onder Taaldienste by die Sentrum. Taaldienste lewer tolk-, vertaal-, redigeer-, podsending- en transkripsiedienste aan interne kliënte (die US-gemeenskap) sowel as eksterne kliënte (lede van die publiek en organisasies).

Duties/Pligte

  • Coordinating the day-to-day operations of interpreting services, including activities regarding the timetable.
  • Ensuring quality interpreting by implementing quality-management structures and processes such as observation of interpreting sessions.
  • Supervising the day-to-day financial administration related to interpreting services, including financial record-keeping, and assisting the Head of Language Services with annual budgeting.
  • Together with the Head, liaising with stakeholders in faculties and other environments, including other tertiary institutions nationally and internationally.
  • Improving sustainability by ensuring that new training possibilities be explored and that existing interpreting services be profiled more visibly.
  • Contributing to reporting processes by compiling and maintaining operational and statistical information related to interpreting activities.
  • Coordinating project workflows relating to other language services such as translation, editing and transcription as well as communicating with clients, allocating work to language practitioners, monitoring schedules and ensuring that deadlines are met.
  • Assisting the Head with the coordination of staff workload, schedules and operational planning within Language Services, especially pertaining to interpreting services.
  • Assisting the Head with the recruitment, monitoring and payment of freelance interpreters and other freelance language practitioners.
  • Contributing to the continuous improvement and sustainability of Language Services through process optimisation and service development initiatives.
  • Promoting multilingualism and a multilingual mindset through the coordination of language services such as interpreting, as well as by offering students, staff and members of the public access to academic (and other) material in various languages (e.g. translating and editing academic podcasts, and subtitling video material).
  • Providing educational and conference interpreting when required.
  • Supporting context-specific research to inform best practice in the field of simultaneous interpreting.
  • Koördineer die daaglikse bedryf van tolkdienste. Dit sluit werksaamhede rakende die rooster in.
  • Verseker tolkgehalte deur gehaltebestuurstrukture en -prosesse deur te voer, soos om by tolksessies waarneming te doen.
  • Toesighouding oor die daaglikse finansiële administrasie wat met tolkdienste verband hou, onder meer finansiële rekordhouding, en staan die Hoof: Taaldienste by met die opstel van die jaarlikse begroting.
  • Skakel, saam met die Hoof, met belanghebbendes in fakulteite en ander omgewings - ook met ander tersiêre instellings landwyd en internasionaal.
  • Verbeter volhoubaarheid deur te verseker dat nuwe opleidingsgeleenthede ondersoek word en dat die profiel van bestaande tolkdienste verskerp word.
  • Dra tot verslagdoeningsprosesse by deur operasionele en statistiese inligting oor tolkwerksaamhede saam te stel en in stand te hou.
  • Koördineer projekvloei rakende ander taaldienste soos vertaling, redigering en transkripsie sowel as kommunikasie met kliënte, toewysing van werk aan taalpraktisyns, monitering van skedules en versekering dat spertye gehaal word.
  • Staan die Hoof by met die koördinering van personeel se werklading, skedules en bedryfsbeplanning binne Taaldienste, veral rakende tolkdienste.
  • Ondersteun die Hoof met die werwing, monitering en betaling van vryskuttolke en ander vryskuttaalpraktisyns.
  • Dra tot die voortgesette verbetering en volhoubaarheid van Taaldienste by deur middel van inisiatiewe vir prosesoptimering en diensontwikkeling.
  • Bevorder meertaligheid en 'n meertalige ingesteldheid deur taaldienste soos tolking te koördineer en deur aan studente, personeel en lede van die publiek toegang tot akademiese (en ander) materiaal in verskeie tale te bied (bv. vertaling en redigering van akademiese podsendings, en onderskrifte vir videomateriaal).
  • Verskaf opvoedkundige en konferensietolking op versoek.
  • Ondersteun konteksspesifieke navorsing om beste praktyk op die gebied van simultane tolking te belig.

Job Requirements/Pos Vereistes

  • An appropriate master's degree in language practice or a language-related field.
  • At least three years' interpreting experience in a higher education environment.
  • Experience in project management.
  • Experience in leading a small team.
  • Experience in financial administration.
  • Highly developed organisational skills and the ability to work in a complex environment.
  • The ability to manage time efficiently and work to strict deadlines.
  • Computer literacy in MS Office (e.g. Word, Excel, PowerPoint, Outlook and Teams).
  • Excellent interpersonal, verbal and written communication skills in English and Afrikaans/isiXhosa.
  • 'n Gepaste meesterskwalifikasie in taalpraktyk of op 'n taalverwante gebied.
  • Minstens drie jaar se tolkervaring in 'n hoëronderwysomgewing.
  • Ervaring van projekbestuur.
  • Ervaring daarvan om 'n klein span te lei.
  • Ervaring van finansiële administrasie.
  • Hoogs gevorderde organisatoriese vaardighede en die vermoë om in 'n komplekse omgewing te funksioneer.
  • Die vermoë om tyd doeltreffend te bestuur en by streng spertye te hou.
  • Rekenaargeletterdheid in MS Office (bv. Word, Excel, PowerPoint, Outlook en Teams).
  • Uitmuntende interpersoonlike, mondelinge en skriftelike kommunikasievaardighede in Engels en in Afrikaans/isiXhosa.

Recommendation/Aanbeveling

  • Experience in language technologies (e.g. CAT tools and/or CAI tools).
  • SATI accreditation in simultaneous interpreting.
  • Commitment to continuous professional development.
  • Knowledge of Stellenbosch University's systems (e.g. SUNLearn).

Shortlisted candidates will be required to complete a proficiency assessment.

  • Ervaring met taaltegnologieë soos RGV - nutsmiddels (vir rekenaargesteunde vertaling: Eng. CAT) en/of RGO - nutsmiddels (vir rekenaargesteunde onderrig: Eng. CAI).
  • SAVI-akkreditering in simultane tolking.
  • 'n Verbintenis tot voortdurende professionele ontwikkeling.
  • Kennis van die US se administratiewe stelsels (bv. SUNLearn).

Ons verwag dat kandidate wat die kortlys haal 'n vaardigheidsassessering afhandel.

How To Apply/Hoe Om Aansoek Te Doen

#PSS

The University is committed to employment equity (EE), and appointments will be made in line with the institutional EE Plan. Only South African citizens from the designated groups will be considered for appointment.

Stellenbosch University reserves the right not to make an appointment.

Your application, comprising a comprehensive curriculum vitae (including the names and email addresses of at least three references), must reach the University before or on the closing date in the advertisement.

Apply online at https://www.su.ac.za/en/careers-su by clicking "Apply now" at the top to the right of the page for the specific vacancy.

The University reserves the right to investigate qualifications and conduct background checks on all candidates.

If you have received no feedback from the University after four to six weeks of the closing date, kindly accept that your application was unsuccessful.

Die Universiteit Stellenbosch is tot gelyke indiensneming (GI) verbind, en aanstellings word ooreenkomstig die institusionele GI-plan gemaak. Slegs Suid-Afrikaanse burgers uit die aangewese groepe sal vir aanstelling oorweeg word.

Die Universiteit Stellenbosch behou die reg voor om nie 'n aanstelling te maak nie.

U aansoek moet vergesel wees van 'n volledige curriculum vitae (met die name en e- posadresse van minstens drie referente) en moet die Universiteit voor of op die sluitingsdatum in die advertensie bereik.

Doen aanlyn by https://www.su.ac.za/af/loopbane-us aansoek deur op "Apply now" regs boaan die bladsy vir die spesifieke vakature te klik.

Die Universiteit behou die reg voor om kwalifikasies na te gaan en agtergrondinligting oor alle kandidate in te win.

Indien u nie binne vier tot ses weke na die sluitingsdatum van die Universiteit verneem nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.

Enquiries/Navrae Enquiries about this post: Marguerite van der Waal, Head: Language Services, on 082 894 5033, or at [email protected]

Enquiries about remuneration/benefits and technical assistance with the electronic application process: Human Resources Client Services Centre, on 021 808 2753 (Stellenbosch) or 021 938 9636 (Tygerberg), or at [email protected]

Navrae oor hierdie pos: Marguerite van der Waal, Hoof: Taaldienste, by 082 894 5033, of by [email protected]

Navrae oor vergoeding/voordele en tegniese ondersteuning met die elektroniese aansoekproses: Menslike Hulpbronne-kliëntedienssentrum, by 021 808 2753 (Stellenbosch) of 021 938 9636 (Tygerberg), of by [email protected]

Currency Commencement Date01-Nov-2026 Closing Date17-Aug-2026 Amount of Travel Work At Home